KKNK 2024

Margaretastraat

In hierdie produksie vertel Jannie du Toit van “liedjie-aande” in 1981 en 1982 by sy huis in Margaretastraat 28, Pretoria. Dit het legendaries geword en ’n belangrike rol in die Musiek en Liriek-beweging gespeel. Digter-sangers soos Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Jannie du Toit het aspirantskrywers en -sangers geïnspireer met Afrikaanse musiek wat herinner het aan die folk-musiek van die jare sestig. Daar was geen toegangsgeld nie en meeste van die sangers en gehoorlede het sommer op die vloer gesit. Lucas Maree het later vertel hoe hy tydens ’n liedjie-aand besluit het om in Afrikaans te begin skryf.

Die musiek en verhale van ’n tiental sonderlinge liedjiemakers word ingesluit. Jannie word vergesel deur Chanie Jonker.


Banketsaal

25 Maart 17h00

26 Maart 16h30

Lees ook die volgende ...

Kontak Jannie

Jannie kan hier gekontak word:

+27 72 460 5568

+27 72 460 5568

+27 82 410 4046

Volg Jannie
Belangrike skakels
thewebman.co.za