{"id":53,"date":"2024-08-08T11:59:27","date_gmt":"2024-08-08T11:59:27","guid":{"rendered":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/?page_id=53"},"modified":"2026-03-16T20:12:37","modified_gmt":"2026-03-16T20:12:37","slug":"index","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/","title":{"rendered":"Jannie du Toit se optredes"},"content":{"rendered":"\n
<\/p>\n\n\n\n
Vir die re\u00ebl van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za<\/p>\n\n\n\n
Jannie se planne vir 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Jannie se debuut op ‘n professionele verhoog was gedurende die April-vakansie van 1971. Ons beplan om sy 55 jaar op die verhoog te vier deur – soos gewoonlik – baie verhoogproduksies aan te bied. Die afgelope jaar was een van die besigstes van sy loopbaan – waarskynlik die heel besigste.<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
==============================================<\/p>\n\n\n\n
JANUARIE 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Saterdag 10 Januarie<\/strong>
Jannie tree op by \u2019n 50ste huweliksherdenking in Pretoria<\/p>\n\n\n\n
Vrydag 16 Januarie<\/p>\n\n\n\n
Jannie se nuwe enkelsnit, AFDRAAIPAD, wat hy saam met die jong sangeres Daniell\u00e9 Botes opgeneem het, word amptelik vrygestel op die brekfisprogram DIE GROOT ONTBYT. Dit is die eerste tree van vieringe rondom sy 55 jaar op die verhoog.<\/p>\n\n\n\n
Sondag 25 Januarie<\/strong><\/p>\n\n\n\n
15:00<\/p>\n\n\n\n
Retire@Midstream
Bespreek: 082 414 9273
Doep is nie dood nie<\/em>
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)<\/p>\n\n\n\n
Doep is nie dood nie<\/strong>
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)<\/p>\n\n\n\n
DOEP IS NIE DOOD NIE is ‘n program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is \u2019n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as  40 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly – hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, \u2019n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by \u2019n volgende geslag te laat voortleef. <\/p>\n\n\n\n
\u201cAs dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in \u2019n boekrak bly<\/em>.\u201d S\u00f3 het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars \u2013 van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste \u2013 ontgin. <\/p>\n\n\n\n
Paul Boekkooi (Brooklynteater)
<\/strong>Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit<\/p>\n\n\n\n
Herman Meulemans (Tinnenpotteater, Gent in Vlaandere)
<\/strong>Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid.. Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft.<\/p>\n\n\n\n
FEBRUARIE 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Vrydag 6 Februarie<\/strong>
18:00<\/p>\n\n\n\n
Huis Eikelaan, Potchefstroom<\/p>\n\n\n\n
Langenhoven se ruimtedroom<\/strong><\/em><\/p>\n\n\n\n
Jannie du Toit<\/strong> en Fearika Heyns<\/strong> mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer<\/strong> \u2013 vertelling en sang.<\/p>\n\n\n\n
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 018 293 0117<\/p>\n\n\n\n
Saterdag 7 Februarie<\/strong>
15:00
Foxwoodteater, Johannesburg<\/p>\n\n\n\n
Langenhoven se ruimtedroom<\/strong><\/em><\/p>\n\n\n\n
Jannie du Toit<\/strong>, Fearika Heyns<\/strong> en Zandelle Meyer<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Sondag 8 Februarie<\/strong>
15:00
Pierneefteater, Pretoria.<\/p>\n\n\n\n
Langenhoven se ruimtedroom<\/em><\/p>\n\n\n\n
Jannie du Toit<\/strong>, Fearika Heyns<\/strong> en Zandelle Meyer<\/strong>..<\/p>\n\n\n\n
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.<\/p>\n\n\n\n
Vrydag 13 Februarie<\/strong>
19:00
Kunstegrot, Thabazimbi
Jannie met Oppiekitaar<\/em>
Bespreek: 083 744 8559<\/p>\n\n\n\n
MAART 2026
<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Saterdag  21 Maart<\/strong><\/p>\n\n\n\n
16:00<\/p>\n\n\n\n
Die Oog  – Naboomspruit\/Mookgopong<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Langenhoven se ruimtedroom<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Bespreek by Dawid Oelofse: 076-011-0959<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer \u2013 vertelling en sang.<\/p>\n\n\n\n
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Woensdag 25 Maart
19:00
Pierneefteater
Langenhoven se Ruimtedroom<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Jannie du Toit<\/strong> en Fearika Heyns<\/strong> mymer en sing oor Loeloeraai, die musiekblyspel van 1983.<\/p>\n\n\n\n
As aktrise en sangeres  Zandelle Meyer<\/strong> van \u201cMy f*k Marelise\u201d  <\/strong>en  verdere TV en silwerdoek\u2013faam<\/p>\n\n\n\n
Alle musiek en liriek deur Jannie.<\/p>\n\n\n\n
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek by: Jopie Koen \u2013 072-460-5568 of info@pierneefteater.co.za<\/p>\n\n\n\n
Donderdag 26 Maart<\/strong><\/p>\n\n\n\n
15:00<\/strong>
Huis Ebenhaeser, Kilnerpark, Pretoria
Oppiekitaar
Jannie met sy kitaar
Sondag 29 Maart
14:30
Huiskonsert@Mariandl
Jannie met Oppiekitaar
<\/em>Bespreek: 082\u00a0338 4819<\/strong><\/p>\n\n\n\n
<\/strong><\/p>\n\n\n\n
APRIL 2026<\/strong>
Sondag 12 April<\/strong>
15:00
NG Oberholzer
Die eggo van jou o\u00eb<\/em>
Jannie, Susan Mouton (tjello)<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
Jannie du Toit beplan sy Kunstefees in die Kleine in samewerking met Pretoria FM en VONK\u00a0 MUSIEK vanaf Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 by die Centurionteater in Pretoria. Hy vier sy 55 jaar op die professionele verhoog met vyf produksies wat nog nie op TV te siene was nie. Gedurende die fees sal die produksies deur VONK\u00a0 MUSIEK opgeneem word met die oog op uitsending. Elkeen van die vyf programme fokus op \u2019n besondere aspek van Jannie se kunstenaarskap gedurende sy loopbaan.<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Vrydag, 17 April 2026 om 19:30: Margaretastraat \u2013 sy rol in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Die fees open Vrydagaand met Jannie se terugblik op die \u201cliedjie-aande\u201d van 1981 en 1982 by sy huis te Margaretastraat 28 in Pretoria. Jannie herleef saam met  sy gereelde pianis van die afgelope dekade, Chanie Jonker, daardie legendariese episode in sy musiekloopbaan. Hy vertel die verhaal, sing liedjies wat in baie gevalle vir die eerste keer daar gehoor is en vertel staaltjies oor gereelde deelnemers soos Koos Doep, Anneli van Rooyen, Lucas Maree en Coenie de Villiers. \u2019n Paar spesiale gaste \u2013 wat destyds aan die liedjie-aande deelgeneem het \u2013 maak ook \u2018n draai op die verhoog, singend en vertellend! Die unieke wisselwerking tussen liedjieskrywers, sangers en die gehoor in Margaretastraat se sitkamer  word allerwe\u00eb beskou as \u2019n belangrike stukrag in die ontwikkeling van ligte Afrikaanse musiek gedurende die \u201cMusiek en Liriek-Beweging\u201d.<\/p>\n\n\n\n
Saterdag, 18 April 2026 om 11:00: Ramkietjie <\/em>\u2013 sy verbondenheid aan Afrikaans as sangtaal<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Saterdagoggend begin met Ramkietjie<\/em>, Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is \u2019n eerbetoon aan wat \u2013 volgens hom \u2013 Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 \u2013 Op my ou Ramkietjie \u2013 <\/em>wat in oorleg met die FAK deur VONK-Musiek <\/em>uitgereik is. <\/em>Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou Jannie Ramkietjie<\/em> as \u2019n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou \u2013 veral by \u2019n jonger geslag.<\/p>\n\n\n\n
Saterdag 18 April 2026 om 15:00: De Wals van de Liefde<\/em> \u2013 sy voorliefde vir Nederlandstalige kleinkuns<\/strong><\/p>\n\n\n\n
De Wals van de Liefde<\/em> is \u2019n  program van Jannie se gunsteling Nederlandstalige liedjies en dra die titel van \u2019n geliefde lied van Toon Hermans. Die program bou voort op sy lang verbintenis met musiek soos di\u00e9 van Jacques Brel, Jules de Corte, Herman van Veen en Robert Long. Die egpaar Marcel en Deryn Dednam op klavier en alt-saxofoon sluit by Jannie  aan en sing ook lieflike harmonie\u00eb saam met hom. Kelly-Lee Ohlson skryf in Die <\/em>Burger van 5 April 2025: De Wals van de Liefde is \u2019n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het\u201d<\/em>.  Die program is ook in 2025 by Aardklop genomineer in die kategorie \u201cBeste musiekgedrewe produksie\u201d.<\/p>\n\n\n\n
Saterdag, 18 April 2026 om 19:30: Luister na die Liedjies<\/em> \u2013 die wye spektrum van sy musiek<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Saterdag se program word afgesluit wanneer Jannie \u2019n keur van die wyd uiteenlopende liedjies sing waarmee hy deur die jare aanklank by gehore gevind het.  Hy word begelei deur sy vertroude ensemble \u2013 Susan Mouton (tjello), Annelie du Plessis-Hoberg (fluit)  en Chanie Jonker (klavier). Die SingFonix  mans-ensemble sluit by hom aan vir sy befaamde koorwerk Gee ons vrede<\/em> en Daniell\u00e9 Botes, saam met wie hy onlangs \u2019n enkelsnit vrygestel het, sing Afdraaipad<\/em> saam met hom. Di\u00e9 liedjie het hy in 1993 saam met Christa Steyn geskryf en het nog altyd vir hom \u2019n groot gunsteling gebly.  Ansa Fourie, Jannie se eertydse eggenoot, kom uit Australi\u00eb om as regisseur vir Luister na die liedjies op te tree. Die eerste produksie wat hulle saam aangepak het \u2013 in 1981 \u2013 was onder dieselfde titel.<\/p>\n\n\n\n
Sondag, 19 April 2026 om 15:00: Oppiekitaar<\/em> \u2013 sy oeuvre van liedkuns en sy kitaarspel<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Jannie sluit sy fees die Sondagmiddag af met net sy kitaar as begeleiding en hy sing liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is van die begin af gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos \u2019n Liedjie vir jou <\/em>van 1978 al bewys het, l\u00ea daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die \u201cgewone\u201d oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar \u2019n uiters suksesvolle konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.<\/p>\n\n\n\n
Die Kunstefees in die Kleine beloof \u2019n ryk, uiteenlopende ervaring vir almal wat van hartsmusiek hou.<\/p>\n\n\n\n
Kaartjiepryse:<\/p>\n\n\n\n
\u00b7        1 vertoning: R210 per kaartjie<\/p>\n\n\n\n
\u00b7        2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning<\/p>\n\n\n\n
\u00b7        3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning<\/p>\n\n\n\n
\u00b7        4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning<\/p>\n\n\n\n
\u00b7\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 Of kom beleef die hele fees vir R550, dit is R110 per vertoning!<\/p>\n\n\n\n
MEI 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Woensdag 13 Mei<\/strong>
10:00
Ter viering van die bekende pianis, Rosa Anderson Loots, se 80ste verjaardag sing Jannie en die sopraan Antoinette Olivier by Rooihuiskraal NG Kerk. Die program van po\u00ebsie en musiek word aangebied onder die titel TWEEKUNS, soos wat Rosa dit al meermale vroe\u00ebr gedoen het.<\/p>\n\n\n\n
Vir meer inligting stuur ‘n Whatsapp aan Rosa by 082-786-2115<\/p>\n\n\n\n
JUNIE 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Woensdag 10 Junie<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Jannie en Vriende
NG Pellissier, Bloemfontein<\/p>\n\n\n\n
Ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities)<\/p>\n\n\n\n
Dinsdag 23 Junie
<\/strong>10:00
Lux Mundi
Jannie met Oppiekitaar<\/p>\n\n\n\n
JULIE 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Dinsdag 7 Julie<\/strong><\/p>\n\n\n\n
15:00
Pretoria-Oos Aftree-oord
Jannie met Oppiekitaar<\/p>\n\n\n\n
AUGUSTUS 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Donderdag 27 Augustus<\/strong>
Saam in Lof-byeenkoms
ATKV-oord, Goudini
Jannie en Chanie Jonker (klavier)<\/p>\n\n\n\n
SEPTEMBER 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Donderdag 10 September<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Nuwe Hoopskool, Pretoria<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Optrede saam met Singfonix Mans-ensemble ten bate van die NCPD<\/p>\n\n\n\n
Donderdag 24 \u2013 Sondag 27 September<\/strong>
Clarens: Liggiefees\/Festival of Light<\/p>\n\n\n\n
Meer inligting later<\/p>\n\n\n\n
NOVEMBER 2026<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Sondag 8 November<\/strong>
15h00
Pierneefteater, Pretoria
In Kersfeestyd
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)<\/p>\n\n\n\n
Saterdag 28 November<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Potchefstroom<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Huis Eikelaan<\/strong><\/p>\n\n\n\n
Doep is nie dood nie<\/strong>
Sondag 29 November<\/strong>
9:30
NG Kerk, Coligny
In Kersfeestyd
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)<\/p>\n\n\n\n
Sondag 29 November<\/strong>
Aanddiens
NG Kerk, Aan-die-berg (Johannesburg)<\/p>\n\n\n\n
In Kersfeestyd<\/em>
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
DESEMBER <\/strong><\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
——————————————————————————–<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Vir die re\u00ebl van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za Jannie se planne vir 2026 Jannie se debuut op ‘n professionele verhoog was gedurende die April-vakansie van 1971. Ons beplan om sy 55 jaar op die verhoog te vier deur – soos gewoonlik – […]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":49,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-53","page","type-page","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/53","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53"}],"version-history":[{"count":158,"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/53\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":391,"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/53\/revisions\/391"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/49"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/janniedutoit.com\/optredes\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}