DE WALS VAN DE LIEFDE

Dit is nou veertig jaar gelede dat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater in Pretoria se verhoog gesing het en dertig jaar nadat Christa Steyn en hy DE KLEINE MAN by die heel eerste KKNK in Oudtshoorn aangebied het. “DE WALS VAN DE LIEFDE” van die gevierde Nederlandse sanger, Toon Hermans, is die titellied van sy nuwe program bestaande uit sy persoonlike gunstelinge van die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu. Jannie het van altyd af besondere aanklank by dié musiek gevind en dit het sy musiek en loopbaan ingrypend beïnvloed.

Daar is altyd versoeke vir sy “Hollandse” liedjies: “Madeleine” en “Marieke” van Brel, dié van sy vriende Jules de Corte en Robert Long, asook Herman van Veen en Urbanus. Tien jaar gelede het hy saam met die Nederlandse klaviervirtuoos, Bert van den Brink, op ‘n maandlange toer in Nederland ‘n volledige program bestaande uit liedjies van De Corte in Nederland aangebied – GRENZELOOS NEDERLANDS Musiekliefhebbers kry nou die geleentheid om al Jannie se “toppers”, soos die Nederlanders sê, in een program te hoor.

Te sien saam met Jannie en sy kitaar is Marcel Dednam (kitaar) en Deryn Dednam (altsaxofoon)

Absa Studio (Banketsaal)

Dinsdag 1 April om 13h00

Woensdag 2 April om 16h30

Lees ook die volgende ...

Kontak Jannie

Jannie kan hier gekontak word:

+27 72 460 5568

+27 72 460 5568

+27 82 410 4046

Volg Jannie
Belangrike skakels
thewebman.co.za